Zoom Seminare
Belê in jou gesondheid en verhoudings
In Freedom & Health
Waaroor gaan die seminaar
"Emotions are what we live and die for. Disease is what we die from”. – Dr Ester M. Sternberg
Die lewe gaan primêr oor verhoudings. Elkeen beleef negatiewe emosies en trauma’s in die uitleef hiervan. Jou seer en teleurstellings lei dikwels tot negatiewe denkpatrone, negatiewe emosies en negatiewe gedragspatrone. Hoe jy dink, voel en optree het ‘n invloed op jou daaglikse lewe, vehoudings en gesondheid. Psigosomatiese siektes soos depressie, MS, hoë cholestrol, hoë bloeddruk ens., is dikwels ‘n direkte gevolg van jou denke, emosies en gedragspatrone.
In die studieveld psigo-neuro-immunologie kom al meer wetenskaplike bewys dat jou siel en liggaam onlosmaaklik van siekte en genesing is. Siekte kan ook nie in isolasie gesien word van jou lewensgeskiedenis, sosiale konteks en emosionele patrone nie. Jou verhoudings help inderwaarheid om jou fisiologie te vorm.
Wetenskaplik weet ons vandag die meeste oor siekte en genesing as ooit te vore in die geskiedenis. Tog is ons vandag sieker as ooit te vore. Daarby het die koste van mediese versorging so duur geword dat baie dit nie kan bekostig nie. Wat is die “missing link”? Dalk lê die antwoord daarin dat ek en jy ‘n groter verantwoordelikheid ten opsigte van ons eie gesondheid het.
Die afgelope 19 jaar het ek en Annamarie die voorreg gehad om meer as 390 seminare oor hierdie onderwerp aan te bied. Daarby het ons ook meer as 8200 een-tot-een gesprekke met seminaargangers gevoer. Dit was ‘n reis van leer, aanpas en konteks gee. ‘n Magdom getuienis van die herstel van verhoudings en genesing van psigosomatiese siektes, bly ons motiveer om voort te gaan. Dit is ‘n voorreg om op ‘n lewensveranderende manier in jou lewe betrokke te wees. Hierdie is ‘n onmisbare stukkie van die legkaart tot die verstaan van siekte en genesing vir die gelowige.
PROGRAM 2025
10 - 17 Februarie 2025
In Freedom & Health
Zoom Seminaar
7 - 14 April 2025
In Freedom & Health
Zoom Seminaar
11 - 18 August 2025
In Freedom & Health
Zoom Seminar
(English)
8 - 15 September 2025
In Freedom & Health
Zoom Seminaar
KOM BELEEF 'N SPESIALE WEEK SAAM MET ONS
Duur van die seminaar
Die seminaar word oor 8 aande elke aand vanaf 19:30 - 21:00 aangebied.
Wat is die koste?
Die koste vir die seminaar is:
R900 per persoon
R1,700 per egpaar.
Dit sluit in:
-
10 Lewendige aanlyn aanbiedings.
-
Seminaar notas vir elke aanbieding.
-
Persoonlike aanlyn gesprek in die week na die seminaar.
-
Toegang tot opnames van lesings indien jy 'n lesing gemis het.
-
12 Weke opvolg program.
Wat kan jy verwag?
Wees rustig, jy gaan nêrens tydens die seminaar blootgestel word nie. Ons gaan nie van jou verwag om iets omtrent jouself met almal te deel nie, daarvoor is die een-tot-een gesprek daar. Ons as aanbieders deel uit ons eie lewens sodat jy kan beleef dat ons ook die pad moet stap. Ons is ernstig, maar lag ook baie.
Kom met ‘n verwagting. Wanneer ons na God toe kom met ‘n verwagting, doen Hy baie meer as wat ons verwag het.