builderall
Duur van die seminaar

Die seminaar word oor 8 aande elke aand vanaf 19:30 - 21:00 aangebied.
 
Wat is die koste?
Die koste vir die seminaar is:
R900 per persoon
R1,700 per egpaar.
 
Dit sluit in:
  • 10 Lewendige aanlyn aanbiedings.  
  • Seminaar notas vir elke aanbieding. 
  • Persoonlike aanlyn gesprek in die week na die seminaar.
  • Toegang tot opnames van lesings indien jy 'n lesing gemis het.
  • 12 Weke opvolg program.
Wat kan jy verwag?
Wees rustig, jy gaan nêrens tydens die seminaar blootgestel word nie.  Ons gaan nie van jou verwag om iets omtrent jouself met almal te deel nie, daarvoor is die een-tot-een gesprek daar.  Ons as  aanbieders deel uit ons eie lewens sodat jy kan beleef dat ons ook die pad moet stap.  Ons is ernstig, maar lag ook baie.
Kom met ‘n verwagting.  Wanneer ons na God toe kom met ‘n verwagting, doen Hy baie meer as wat ons verwag het.