builderall

Naweek Seminare

Belê in jou gesondheid en verhoudings

In Freedom & Health

Waaroor gaan die seminaar

"Emotions are what we live and die for. Disease is what we die from”.  – Dr Ester M. Sternberg
 
Die lewe gaan primêr oor verhoudings. Elkeen beleef negatiewe emosies en trauma’s in die uitleef hiervan. Jou seer en teleurstellings lei dikwels tot negatiewe denkpatrone, negatiewe emosies en negatiewe gedragspatrone. Hoe jy dink, voel en optree het ‘n invloed op jou daaglikse lewe, vehoudings en gesondheid. Psigosomatiese siektes soos depressie, MS, hoë cholestrol, hoë bloeddruk ens., is dikwels ‘n direkte gevolg van jou denke, emosies en gedragspatrone.
In die studieveld psigo-neuro-immunologie kom al meer wetenskaplike bewys dat jou siel en liggaam onlosmaaklik van siekte en genesing is. Siekte kan ook nie in isolasie gesien word van jou lewensgeskiedenis, sosiale konteks en emosionele patrone nie. Jou verhoudings help inderwaarheid  om jou fisiologie  te vorm.
 
Wetenskaplik weet ons vandag die meeste oor siekte en genesing as ooit te vore in die geskiedenis. Tog is ons vandag sieker as ooit te vore. Daarby het die koste van mediese versorging so duur geword dat baie dit nie kan bekostig nie. Wat is die “missing link”? Dalk lê die antwoord daarin dat ek en jy ‘n groter verantwoordelikheid ten opsigte van ons eie gesondheid het.
 
Die afgelope 19 jaar het ek en Annamarie die voorreg gehad om meer as 390 seminare oor hierdie onderwerp aan te bied. Daarby het ons ook meer as 8200 een-tot-een gesprekke met seminaargangers gevoer. Dit was ‘n reis van leer, aanpas en konteks gee. ‘n Magdom getuienis van die herstel van verhoudings en genesing van psigosomatiese siektes, bly ons motiveer om voort te gaan. Dit is ‘n voorreg om op ‘n lewensveranderende manier in jou lewe betrokke te wees. Hierdie is ‘n onmisbare stukkie van die legkaart tot die verstaan van siekte en genesing vir die gelowige.
 
 
 

 PROGRAM 

Program vir 2026
Beskikbaar
Januarie


NAWEEK SEMINAAR INLIGTING

Klink dit bekend? 
  • Sukkel jy met jou gesondheid?
  • Is jou verhoudings stresvol?
  • Voel jy moeg en uitgebrand?
  • Of wil jy meer leer hoe om voorkomend gesond te leef?
 
Dan wil ons jou uitnooi na een van ons Naweek Seminare .  Dit is algemeen bekend dat 85% van alle bekende siektes psigosomaties is.  Dit is die gevolg van die neurofisiese wanbestuur van trauma en emosies.
 
Die naweek seminaar leer jou hoe om dit te oorkom en voorkomend te leef.  As deel van die seminaar  is daar ‘n een-tot-een gesprek om jou hiermee te help.
 
Wat is die koste?
Die koste vir die seminaar is:
R900 per persoon
R1,700 per egpaar.
 
Dit sluit in:
  • “Teaching” van 15 uur.
  • ‘n Een-tot-een gesprek van 2 ure.
  • ‘n Handleiding, tee, koffie en toebroodjies.
  • Twaalf weke ondersteuning met die uitstap na die seminaar.
     
Die duur van die seminaar
  • Vrydag          19:00 – 21:15
  • Saterdag      08:30 – 16:15
  • Sondag         08:30 – 15:15
     
Wat kan jy verwag?
Wees rustig, jy gaan nêrens tydens die seminaar blootgestel word nie.  Ons gaan nie
van jou verwag om iets omtrent jouself met almal te deel nie, daarvoor is die een-tot-een gesprek daar.  Ons as  aanbieders deel uit ons eie lewens sodat jy kan beleef dat ons ook die pad moet stap.  Ons is ernstig, maar lag ook baie.
 
Kom met ‘n verwagting.  Wanneer ons na God toe kom met ‘n verwagting, doen Hy baie meer as wat ons verwag het.


GETUIENISSE


 HULPBRONNE