builderall



Die hoofskap van die man in die huwelik word duidelik en onvermydelik geleer in die Nuwe Testament. Meer nog, die Bybel verklaar verder dat die reaksie van die vrou teenoor die hoofskap van haar man een is van onderdanigheid in alles.

 

? Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.  Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees?. (Efes. 5:23-24).

 

Hierdie beginsel word nie in die Woord gegee as ?n aanbeveling, ?n voorstel of advies wat opsioneel gevolg kan word nie. Dit is ?n absolute mandaat wat dieselfde vlak van gehoorsaamheid vereis as enige van die ander gebooie. Daar is tog ?n vermaning tot versigtigheid!         

       

?n Basiese reël van betroubare bybeluitleg vereis dat geen bybelse terme of begrip met ?n vreemde betekenis verklaar kan word nie. Vir hierdie rede moet die betekenis van die term hoofskap in die Nuwe Testament, gedefinieer word van binne die Nuwe Testament self. Dit kan dus nie vanselfsprekend aanvaar word dat die Engelse betekenis van hoof as outoriteit, leier en meester outomaties net so in die Nuwe Testament ingedra kan word as die betekenis vir hoof nie.

 

Daar is ook geen twyfel, dat met die verskeie funksies tot die kerk, Christus die outoriteit, leier en meester is nie aangesien die omvang van Sy universiële meesterskap die kerk insluit. Daarom, wat onder die soeklig is, is nie Sy meesterskap oor die kerk nie. Eerder, moet bepaal word of die woord hoof, wanneer dit gebruik word om Sy verhouding met die kerk te beskryf, dieselfde betekenis dra as meester en of ?n ander waarde hieraan toegeken word. Die simplistiese veronderstelling kan nie gemaak word dat, omrede watter funksie ookal die hoof van die kerk uitvoer definieer die term hoof in die Nuwe Testament hoof in die Engelse taal outoriteit beteken, dit ook so in die taal van die nuwe Testament verstaan kan word nie.

 

Gelukkig, die betekenis van hoof kan maklik bepaal word binne sy skriftuurlike gebruik met verwysing na die hoofskap van Christus in verhouding tot die kerk, sy liggaam..

Die term hoof word vyf keer in die Nuwe Testament gebruik om die verhouding van Christus tot die kerk te definieer. Soos hieronder verduidelik , is die gebruik van hoof konstant in al vyf tekste in die Nuwe Testament.

 

Efes. 1:22-23 "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul."  Die hoofskap van Christus is nooit oor die kerk in die Nuwe Testament nie. Hier is dit vir die kerk. As hoof gee Christus volheid aan die kerk. Hy voorsien groei aan die kerk. Die funksie is nie een van outoriteit nie maar as dienskneg voorsiener van dit wat die kerk sal laat groei.

 

Efes 4:15-16 "maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam?goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate?die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde."  

Die funksie van die hoof in verhouding tot die liggaam is om groei te voorsien, Hoofskap is nie ?n outoritêre rol nie maar ?n ontwikkelende dienskneg funksie.

 

Efes. 5:23   "Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam".  

As hoof van die kerk is Christus die Verlosser. As hoof outoriteit beteken het, moes die gepaste benaming vir Christus, Meester in plaas van Verlosser gewees het, maar is laasgenoemde in lyn met Sy self-opofferende, lewegewende dienskneg rol in die Nuwe Testament.

 

Kol. 1:18-19  "En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon".

Deur Sy bloed, gestort aan die kruis, is alles met God versoen. In die gedeelte wat Christus se heerskappy oor die skepping besing, beskryf die teks Christus as die bron van lewe vir die kerk deur sy opstanding uit die dood en die versoening met God verkry deur ?n self- opofferende dienskneg bediening aan die kruis. Hoofskap word nie gedefinieer in terme van outoriteit nie maar as dienskneg, voorsiener van lewe.

 

Kol. 2:19  "?en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word".

Die funksie van hoof in verhouding tot die liggaam is nie een van regering maar dienskneg voorsiener vir groei. Christus as hoof van die kerk is die bron vir lewe en ontwikkeling.

Hierdie oorsig wys dat hoof, bybels gedefinieer, beteken presies die teenoorgestelde as wat dit in Engels verstaan word. Hoof word nooit die betekenis gegee van outoriteit, baas of leier nie. Dit word beskryf as die dienskneg funksie vir voorsiening van lewe, groei en ontwikkeling. Die funksie is nie een van bo na onder oorsig nie, maar van onder na bo ondersteuning en versorging.

 

Die betekenis van hoof as bron van lewe word geverifieer in die laaste oorblywende verwysing na Christus se hoofskap in die Nuwe Testament.

 

1 Kor. 11:3  "Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus".

 

Christus is nie hoof oor die kerk, sy liggaam nie maar is die hoof van elke man. Hierdie teks is saamgestel uit drie versigtig gekose opeenvolgende en deurdagte verwante frases: die hoof van elke man is Christus; en die hoof van die vrou is die man; en die hoof van Christus is God. Die vraag moet gevra word of die betekenis van hoof in die teks konstant is met sy gebruik in die ander tekste hierbo genoem en of dit skielik verander om iets anders te beteken?

 

Soms, word die woord hoof in hierdie teks onverskillig gebruik met die Engelse taal om ?n hiërargiese orde voor te stel naamlik: God as hoof oor Christus; Christus as hoof oor die man; man as hoof oor die vrou. Dit kan net gedoen word as die bybelse teks gemanipuleer word deur die frases uit volgorde te neem as wat dit in die teks voorkom. Paulus struktueer hier nie ?n hiërargiese orde nie. In ooreenstemming met die tema soos dit tot hier ontwikkel is, bespreek hy hier die tradisionele verstaan van oorsprong. Die volgorde wat die drie frases verbind is nie hiërargie maar kronologie. By die skepping was Christus die gewer van lewe vir die man; as die bron van lewe vir Adam (Kol 1:16). Die man op sy beurt is die bron van lewe vir die vrou omdat sy uit hom geskep is; God gee lewe aan die Seun toe hy in die wêreld gekom het om Sy lewe te gee. As daar nie met die bybelse volgorde gepeuter word nie, is die betekenis van hoof konstant met die van dienskneg funksie as voorsiener van lewe.

 

?n Verdere oorweging wat ook verreken moet word om die ware betekenis van hoof in die Nuwe Testament te verkry is die baie verwysings in die Nuwe Testatment na leiers oa geestelike leiers, gemeenskap leiers, militêre leiers, regerings leiers, patriagale leiers, kerklike leiers ens. Nooit word na een van die leiers verwys as hoof nie. Dit is net verdere bewys dat hoof nie ?leier? beteken in die taal van die Nuwe Testament nie.

Hoof word figuurlik gebruik in verhouding tot die liggaam alleenlik in die vyf bogenoemde verwysings en altyd met die betekenis van dienskneg voorsiener, nooit met verwysing na outoriteit nie. Wanneer die Nuwe Testamentiese metafoor van hoofskap korrek generies verstaan en beskerm word teen betekenis vreemd aan die teks, beskryf dit perfek die verhouding van Christus met die kerk, mans en vrouens as diensknegte wat lewe gee en wedersydse onderwerping. (Efes. 5:21). Vir hierdie rede glo ek in die manlike hoofskap in die huwelik, maar streng in sy Nuwe Testamentiese definisie.

 

Maar wat van die beeld van die man as Koning, Priester en Profeet? Daar is geen skrif hiervoor nie. Die Messias was nie in een van die ampte, tydens Sy bediening op aarde nie.

Om dissipel te wees is om in alles ?n navolger van Hom te wees. Dit sou ook beteken alle mans moet die gawe van profesië hê. Die model het dalk ten doel om die man weer terug te kry om sy geestelike verantwoordelikheid op te neem maar is nie in lyn met bogenoemde nie.

 

PRAKTIES

Hierdie regte verstaan van die manlike hoofskap in die huwelik maak kommunikasie in die huwelik maklik. Die matrix is gee dit lewe of neem dit lewe weg. Die opdrag is om lewe te gee. ?n Bron van lewe te wees, uit eerbied vir Christus, aan mekaar onderdanig. Hier is ?n paar voorbeelde:

Wenk

Leer eers om te luister voordat jul reageer. Hier is die konvensie: Laat jou maat vertel wat is daar wat lewe wegneem of lewe gee in jou verhouding. Jy mag nie dadelik daarop reageer nie. Eers luister en gaan dink. Kom dan terug en erken en vra hoe julle dit saam kan verander.